Groete uit Plovdiv

image_53893637637531

Wat kan op dees aarde nou lekkerder wees as die gevoel wat mens kry by die aanskoue van ‘n handgeskrewe adres op ‘n gekleurde koevert! Ons het so vêr vooruit gebeur met ontwikkeling op die vlak van tegnologie, en tog, wanneer daar ‘n handgeskrewe briefie in jou posbus verskyn, dan omvou dit jou hart met ‘n warm gevoel. Die gevoel is inderdaad nòg warmer wanneer dit persoonlik aan jou gerig is en nie ‘n verdwaalde briefie is wat eintlik bedoel was vir die vorige eienaar nie. Nuuskierigheid bou op, want die posstempel is onbekend… en so ook die afsender se adres, maar helaas, die briefie is aan my persoonlik gerig en dit beteken dat dit myne is. Hoe opwindend!

Die gerief van eposse wat mens sommer so oor duisende myle stuur in ‘n oogwink, is ongeëwenaard en dit sal vir my altyd ‘n wonderwerk bly. Met die koms van die wêreld-wye-web het ontsaglik baie dinge verander. Een hiervan is dat posstukke wat voorheen dae en weke sou neem om hulle bestemming te bereik, nou met die knip van ‘n oog op verskillende kontinente afgelewer word. Die voordele is onbetwisbaar, tog op ‘n meer persoonlike vlak is daar die meedoening en warmte van die briefskryfproses wat ons mis deur die afwesigheid van hierdie ou gebruik. Ek skryf graag nog briewe omdat ek daarvan hou, maar ek twyfel baie sterk of die geslag wat nou met skool begin het, ooit die voorreg en warmte sal ken van hierdie gebruik.

Vir Kristina uit Plovdiv ken ek glad nie. Iewers in verlede jaar het ek organiese neute by haar bestel en weliswaar was haar prys en kwaliteit die beste en daarom het ek van haar dienste gebruik gemaak. Die pakkie met neute was so pragtig en versigtig verpak en ek kon die moeite voel en sien wat Kristina ingesit en saamgestuur het. Van my kant af het ek ‘n indringende behoefte gevoel om haar te bedank vir hierdie bonus wat sy tot my pakkie bygevoeg het. Dit was inderdaad spesiaal. In ‘n winsbejagte wêreld doen handelaars maklik weg met enige iets ekstra juis omdat dit ekstra moeite, tyd en geld kos. Kristina is anders en ek wou dit vir haar sê. In my opinie was sy ‘n dankie-briefie werd en so bedank ek toe vir Kristina vir haar moeite…

image_538936390017384.jpg

Saterdag ontvang ek díe briefie van Kristina en daarmee bevestig sy dat ek korrek was met my waarneming dat sy definitief anders is as die deursnee handelaar. Met ‘n klein bietjie moeite word Kristina ‘n uitmuntende ambassadeur vir haar stad Plovdiv en verander sy my opinie oor Oos-Europa. Ek moet erken dat ek twee dae gelede baie minder van Plovdiv geweet het as nou, danksy Kristina se bietjie ekstra moeite.

image_5389363211283

Hierdie gebeurtenis in my lewe laat my skuldig voel omdat ons dalk by te veel geleenthede nalaat om goeie ambassadeurs vir ons stad, provinsie en land te wees. Brosjures is altyd gratis beskikbaar en dis die perfekte wapen om enige persoon se opinie te verander omtrent ‘n plek, net soos wat Kristina my opinie verander het oor ‘n plek. Ek gaan nou vir Kristina terugskryf en ek gaan haar vertel van my mooi land Suid-Afrika en ek gaan ‘n digitale skyf vollaai met mooi foto’s van my land en daarmee ‘n ambassadeur word van my land – iets wat elkeen van ons kan doen.

Die digitale skyf oor Plovdiv kan ek nie deel nie, maar ek plaas skakels na die videos hieronder en sodoende deel ek Kristina se Plovdiv met julle. Geniet dit!

Groete uit Plovdiv

Groete uit Plovdiv

Groete uit Plovdiv

2 Comments Add yours

  1. Kristina sê:

    Mariaaa, today I received your letter 😍😍and just like you I experienced this unique feelings. ❤
    Holding in hand handwritten paper is an indescribable and vanishing emotion. Thank you for taking the time to share about me and my city.🤗🤗
    We will keep in touch with paper.
    It’s so exciting… To be continued ..❤❤❤

    Liked by 1 person

  2. Kristina, I am so happy to hear from you! And also elated to learn that you received my letter. Yes, indeed, we will keep the “paper chain” going. Lots of love, my dearest friend ❤️❤️❤️

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s